Skip to content

“Ek weet nie hoekom hulle dit gedoen het nie,” sê pastoor Mallo*, nadat 200 Christene op Kersdag in ʼn slagting op meestal Christen-dorpies vermoor is. “Maar hierdie Fulani-militante lyk vasberade om die verspreiding van die Evangelie te stop. Ek dink hulle het ons aangeval om ons te martel en bang te maak. Om ons in ons geloof te laat twyfel.”

Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys wys die verskriklike koste van dissipelskap vir Christene in dele van Nigerië. Gedurende hierdie jaarlange tydperk is 4 118 Christene in die land weens hul geloof in Jesus vermoor. Trouens, Nigerië alleen is verantwoordelik vir 82% van die totale aantal gelowiges wat gedurende die rapporteringstydperk vermoor is. Gemiddeld is dit meer as 11 Christene wat elke dag vermoor is.

Dringende ondersteuning is nodig!

Die getalle is afgryslik, en die werklikheid is iets waarvoor elkeen van ons moet bid. Maar God se volk in Nigerië – en regoor sub-Sahara Afrika – is gereed om voort te gaan om sout en lig te wees, selfs wanneer hulle weet dat hulle moontlik met hul lewens kan betaal.

God is steeds aan die werk! “Ons glo dat God in beheer is,” gaan pastoor Mallo voort. “Ons geloof sal nie wankel nie. Ons sal aanhou om die God te dien wat hemel en aarde gemaak het.”

Sal jy asseblief vandag gee om gelowiges in sub-Sahara Afrika te ondersteun?

• Elke R300 kan hoop en genesing by ʼn traumasentrum gee aan ʼn Christen wat uiterste geweld ervaar het.

• Elke R860 kan twee gelowiges wat uiterste vervolging in die gesig staar van ʼn kospakkie voorsien om hulle en hul gesinne te help oorleef.

• Elke R2 320 kan beteken dat ʼn gesin van vier gelowiges wat deur vervolging ontwortel is, kos, medisyne en ander noodleniging ontvang om hulle te help oorleef.

Te midde van duisternis en chaos sal jy hulle toerus om nie net staande te bly nie, maar om met die Goeie Nuus van Jesus te hardloop!

*Naam is om sekuriteitsredes verander.

Back To Top