Skip to content

Sluit hierdie maand by ons aan vir ‘Impak Indië’

Hindoe-nasionaliste het ʼn blitsige en geïntegreerde aanslag begin tot die Hindoëisering van Indië, wat elke area van die publieke lewe affekteer. Hulle glo dat indien jy nie ʼn Hindoe is nie, jy ook nie ʼn Indiër is nie. En as gevolg hiervan glo hulle dat ander gelowe uit die land verdryf moet word.

Die uiteinde hiervan is egter dat Hindoes wat Christene word, allerhande afgryse in die gesig staar: geweld, sosiale uitsluiting en diskriminasie in terme van regskode as dit kom by nalatenskap of belastingvoordele. Hulle ervaar ook straf deur die teen-bekeringswette wat verhoed dat mense hul godsdiens kan verander of wat diegene straf wat daarvan beskuldig word dat hulle mense na ʼn geloof anders as Hindoeïsme bekeer.

Ongelukkig het die Indiese Kerk ʼn gebrek aan vervolgingsbewustheid en ly hulle onder ʼn swak ekonomiese basis (veral in die landelike gebiede), asook ʼn tekort aan regshulp. Die vervolgde Kerk hier, op haar eie, kan eenvoudig net nie voorsien in die dringende behoeftes van vervolgde slagoffers nie.

Om die Suid-Afrikaanse Kerk bewus te maak van die pleidooi van Indiese Christene, het Geopende Deure ʼn Impak Indië gebedsveldtog geloods.

Klik hier en sluit by ons aan in gebed vir ons broers en susters in Indië.

Back To Top
Soek