Skip to content

Deborah bereik Moslemvrouens in die Filippyne

– te danke aan vriende soos jy wat haar help om die Bybel te lees

Deborah* is van die Tausug-stam in die Filippyne afkomstig – ʼn eerbiedige etniese Moslemgroep wie se mense met die grootste respek behandel word. Behalwe diegene soos Deborah wat hul lewens aan Christus gewy het. Mense spot haar en sê dat sy kranksinnig is.

Sy was altyd ʼn vrou wat met enige iemand oor enige iets sou baklei. Maar nou pla dit haar nie wat mense van haar sê nie. Sy is ʼn veranderde vrou wat kies om slegs tot die stryd te tree as dit tot verheerliking van God is.

Selfs toe sy armoede in die gesig gestaar het omdat sy Islam verlaat het, het sy geweier om haar geloof prys te gee. “Ek het vir die Here gesê, ‘Here as dit van U af is dat ons nie vanaand of selfs vir ʼn onbepaalde tyd kan eet nie, sal ek steeds nie my geloof in U prysgee nie,’” deel sy.

Vandag gebruik die Here die Bybel-geletterdheidsopleiding wat deur vriende soos jy, deur Geopende Deure, ondersteun word om haar te help groei in haar geloof. “Ek dank God opreg vir die Bybel-geletterdheidsopleiding. Voorheen het ek nie geweet hoe om die Bybel te lees nie.”

Deur hierdie geletterdheidsopleiding, was dit vir Deborah moontlik om haar eie Bybelstudie te lei, by haar eie huis. Nou, reik sy saam met die vroue in haar kerk uit na die Moslemgemeenskap in die suidelike Filippyne.

Prys die Here vir vennote soos jy wat hierdie Bybel-geletterdheidsopleiding ondersteun, sodat vroue soos Deborah in hul geloof kan groei, en die lig en sout in hul gemeenskappe kan wees.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek