Wêreldwaarnemingslys: Pakistan
Streek: Suid-Asië
2018 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #5
Leier: President Mamnoon Hussain
Populasie: 196,744,000 (slegs 2% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Federale Parlementêre Republiek
Bronne van Vervolging: Islamitiese Onderdrukking, Georganiseerde Korrupsie en Misdaad
Radikale Islamitiese groepe bly floreer en brei uit vanweë hul bande met politiese partye, die weermag en die regering. Hulle bestuur duisende Islamitiese onderrigsentrums – sonder enige staatsbeheer – waar jongmense aangemoedig word
om godsdienstige minderhede soos Christene te vervolg.
Wette rakende godslastering is steeds ʼn beduidende uitdaging vir Christene. Christenmeisies en -vroue word steeds ontvoer, verkrag, kragdadig bekeer en in huwelike met Moslems gedwing (nagenoeg 700 Christenmeisies en -vroue word elke jaar ontvoer). Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond word verstoot en verduur intense vervolging van hul families. Bid asseblief vir Pakistan!
- Bid dat Pakistan se owerhede en wette Christene sal beskerm.
- Bid vir die beskerming en bemoediging van alle gelowiges, veral vroue en meisies.
- Bid vir Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond, omdat hulle die ergste vervolging verduur.