Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Mianmar

Streek: Oos- en Suidoos-Asië
2018 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #24
Leier: Aung San Suu Kyi
Populasie: 54,836,000 (slegs 8% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Boeddhisme
Regering: Parlementêre Republiek
Bronne van Vervolging: Godsdienstige Nasionalisme

In Mianmar, beteken om Birmees te wees om ʼn Boeddhis te wees. Hiér word daar gereeld teenoor Christene gediskrimineer wanneer dit kom by onderwys- en werksgeleenthede, veral omdat baie van hulle aan etniese minderhede behoort.

Selfs in oorwegend Christenprovinsies word goedgevestigde historiese kerke aangeval. In sommige gevalle dring Boeddhistiese monnike die eiendom binne en bou hulle Boeddhistiese altare op die kerkgronde. Bekeerlinge tot Christenskap word deur hul Boeddhistiese, Moslem- of stamfamilies en gemeenskappe vervolg. Meer as 100,000 Christene woon in kampe vir interne ontwortelde mense, waar hulle van toegang tot kos en mediese sorg ontneem word.

Bid asseblief vir:

  • Vervolgde Christenminderhede, dat hulle in liefde die onderdrukte Rohingya Moslems sal bedien, en dat baie harte ontvanklik sal wees vir die waarheid van Christus.
  • Dapperheid en volharding vir gelowiges vanuit ʼn Boeddhistiese of Moslemagtergrond.
  • Meer godsdiensvryheid: Wette wat onlangs bekendgestel is maak bekering baie ingewikkeld, maar wel nie verbode nie.
Back To Top
Soek