Wêreldwaarnemingslys: Indië
Streek: Suid-Asië
2019 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #10 in die top 50 lande
Leier: Eerste Minister Narendra Modi
Bevolking: 1,354,052,000 (5% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Hindoeïsme
Regering: Federale Parlementêre Republiek
Bron van Vervolging: Godsdienstige Nasionalisme
Hindoe-ekstremiste wil teen einde 2021 sien dat Indië vry van Christene is. Hindoe-nasionaliste beskou Hindoe-wees as deel van jou Indiese identiteit – om ʼn volgeling van enige ander geloof te wees, word as verraad gesien. Die regering, wat gelei word deur ʼn Hindoe-party, laat aanvalle op Christene en ander minderheidsgroepe oogluikend toe. Christene maak minder as 5% van die bevolking in Indië uit, en in landelike gebiede kan hulle veral afgesonder wees. Gelowiges verduur loesings, onregmatige gevangeneskap en selfs dood weens hul geloof in Christus.
- Vra dat God Christene vanuit ʼn Hindoe-agtergrond sal beskerm.
- Bid dat Geopende Deure se vennote Christene sal help om hul grondwetlike regte te verstaan – en dat dít ʼn kragtige hulpbron vir hulle sal wees om hulself te verweer.
- Loof die Here dat so baie mense tot geloof in Christus kom deur ongelooflike genesings – en bid dat Hy sal aanhou om Sy mense te gebruik om genesing en hoop aan talle ander te bring.