Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Eritrea

Streek: Oos-Afrika
2018 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #6
Leier: President Isaias Afwerki
Populasie: 5,482,000 (46.3% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Islam, Christenskap (Ortodoks)
Regering: Presidensiële Republiek
Bronne van Vervolging: Kerklike Beskerming en Diktatoriale Paranoia

Die Eritrese regering sien Christene as agente van die Weste en gevolglik as ʼn bedreiging tot hul mag. Die uiteinde is dat die arrestasie en teistering van, en moord op Christene algemeen is. Verder is Christene vir aanvalle kwesbaar namate Moslems in die land meer radikaal raak. Ook, om tot Christenskap te bekeer as ʼn Moslem word gesien as verraad teen die familie en die gemeenskap. Duisende Christene is in die tronk in Eritrea onder haglike omstandighede – sommige word in onmenslike skeepvaarthouers aangehou. Baie is al vir dekades in gevangeneskap, en sommige is al oorlede in die tronk, net as gevolg van hul Christelike geloof.

Onthou Christene in Eritrea, asseblief, en bid:

  • Vir gelowiges in aanhouding onder gruwelike omstandighede – bid dat God hulle sal versterk en in staat sal stel om Jesus te weerspieël teenoor hul gevangenemers.
  • Vir die president – bid vir hom vir ʼn veranderde gesindheid en dat hy ware lewe in Christus sal vind.
  • Vir Christene wat uit Eritrea gevlug het as gevolg van vervolging of oorlog – bid dat hulle vertroosting en ondersteuning sal vind.
Back To Top
Soek