Skip to content

Lees asseblief noukeurig deur die onderstaande.

TOESTEMMING VIR GEBRUIK VAN JOU PERSOONLIKE BESONDERHEDE

Deur toe te stem tot die bepalings van hierdie toestemmingsvorm, verleen ek hiermee vrywillig toestemming aan Geopende Deure om my persoonlike inligting [insluitende my naam, kredietkaart- en bankbesonderhede, fisiese adres, telefoonnommer en enige ander inligting wat ek aan Geopende Deure verskaf het] te verwerk. Die verwerking van die inligting sal onder meer insluit gebruik vir invordering, ontvangs, opname, organisasie, samestelling, berging, opdatering of verandering, herwinning, konsultasie; verspreiding deur middel van oordrag, verspreiding of die beskikbaarstelling in enige ander vorm; of samesmelting, verbinding, sowel as versperring, verwering, uitwissing of vernietiging van inligting. Hierdie toestemming is onmiddellik van krag en sal voortduur totdat die verhouding tussen myself en Geopende Deure effektief beëindig is.

Deur toe te stem tot die bepalings van hierdie toestemmingsvorm, verleen ek uitdruklik toestemming tot die verwerking van my persoonlike inligting vir bemarkingsdoeleindes en weet en verstaan ek dat deur toestemming te verleen hiertoe, ek bemarkingsmateriaal mag ontvang in die vorm van SMS, epos ens. vanaf Geopende Deure.

BESKERMING VAN JOU PERSOONLIKE INLIGTING

Geopende Deure benodig jou toestemming ten einde in staat te wees om inligting oor jou godsdienstige oortuigings en filosofieë te bewaar. Deur toe te stem tot die bepalings van hierdie toestemmingsvorm verleen ek uitdruklik toestemming vir die verwerking en bewaring van inligting rakende my godsdienstige oortuigings en filosofieë deur Geopende Deure.
Ek gee uitdruklik toestemming vir die verwerking van my persoonlike inligting vir die doeleindes van ontvangs van nuusbriewe, fondsinsamelingsinligting, opvoedkundige inligting sowel as verskeie ander godsdienstige materiaal en neem kennis en verstaan dat, deur toe te stem tot die terme en voorwaardes soos hierin uiteengesit, ek hierdie materiaal mag ontvang in die vorm van SMS, epos ens. vanaf Geopende Deure.

JOU REGTE IN TERME VAN HIERDIE TOESTEMMING

Reg om te weet watter inligting gehou word, hoe hierdie inligting gebruik word en wanneer ons hierdie inligting gaan openbaar maak – ʼn Afskrif van ons Privaatheidsbeleid is beskikbaar op ons webtuiste, www.opendoors.org, waar al die bogemelde inligting beskikbaar gestel word. Jy mag verkies om met ons te konsulteer alvorens jy instem tot hierdie toestemmingsvorm.

Reg om jou besonderhede te op te dateer – Geopende Deure streef om jou inligting op datum te hou. Indien enige van jou besonderhede verander, geliewe ons in kennis te stel sodat ons dit dienooreenkomstig op ons databasis kan verander en sodoende ons rekords so akkuraat moontlik kan hou.

Reg om jou toestemming te herroep – Jy mag jou toestemming aan ons verleen in terme van hierdie vorm te enige tyd herroep. Herroeping van jou toestemming moet op skrif gestel word en geadresseer word aan die Geopende Deure Inligtingsbeampte. Geliewe kennis te neem dat herroepte toestemming nie terugwerkend is nie en geen invloed sal hê op openbaarmakings van jou inligting wat reeds plaasgevind het nie.

OUER/VOOG TOESTEMMING

Indien jy onder die ouderdom van 18 jaar is, sal jy uitdruklike toestemming van jou ouer(s) en/ of wettige voog benodig alvorens jy Geopende Deure mag verskaf met enige van jou persoonlike inligting of enigsins mag deelneem aan enige van Geopende Deure se veldtogte of programme. Ek, in my hoedanigheid as ouer of wettige voog gee hiermee my toestemming vir die verwerking van die persoonlike inligting van my minderjarige kind, soos gelys in hierdie vorm, vir die doeleindes soos hierin uiteengesit.

INTERNASIONALE VLOEI VAN INLIGTING

Ek gee uitdruklik toestemming vir die verwerking van my persoonlike inligting by wyse van internasionale (trans-grens) vloei van inligting. Internasionale (Trans-grens) vloei van inligting sal voorkom waar persoonlike inligting gestuur moet word na verskaffers buite die Republiek van Suid-Afrika vir berging alternatiewelik vir die verdere verwerking daarvan namens Geopende Deure. Ons bevestig dat ons nie jou inligting sal stuur aan enige ander land waar daar nie soortgelyke inligtingsbeskermingwetgewing in plek is as die huidige wetgewing in die Republiek van Suid-Afrika nie.

Back To Top
Soek