Skip to content

Terroriste het hul dogters ontvoer, maar ouers sê: ‘God het julle gebruik om ons storie te verander’

Boko Haram het vier jaar gelede meer as 230 skoolmeisies ontvoer vanuit die Nigeriese dorp, Chibok. Vandag, word meer as 100 van daardie meisies steeds gevange gehou. Hulle ouers treur, wag, hoop en bid steeds dat hulle met hul dogters herenig sal word

Falmata, een van die ma’s wat steeds wag, het ons gesmeek om hierdie boodskap aan vriende soos jy te stuur: “Christene, staan saam met ons in gebed sodat ons dogters vrygelaat sal word, net soos die ander wat nou veilig is. Ons bid dag en nag vir hulle. Ons kan nie slaap nie…. Bid vir ons.”

Alhoewel die Chibok-ouers deur diep waters is, toe 110 skoolmeisies hierdie Februarie uit die Nigeriese dorp, Dapchi, ontvoer is, het jou ondersteuning die Chibok-ouers gehelp om te gaan en die hoofsaaklik Moslemouers in hul ellende te vertroos.

“Ons wou daarheen gaan, sit, luister en met mekaar praat. Ons ervaring met hulle deel oor hoe om die lewe te hanteer as getraumatiseerde ouers wie se dogters steeds in die hande van Boko Haram is,” het Yana, die leier van die Chibok-moeders, aan die plaaslike media gesê.

Jou gebede en woorde van ondersteuning het die Chibok-ouers, soos Yakubu (foto), versterk gedurende een van die donkerste tye van hul lewens. Dankie!

Genadiglik is meeste van die Dapchi-ouers se verwagting vervul toe Boko Haram hul dogters in Maart vrygelaat het.

Ten spyte daarvan dat sommige van die Chibok-ouers met hul dogters herenig is, het Yakubu Nkeki Maina, woordvoerder vir die Chibok-ouers, wie se dogter ook vrygelaat is, gesê:

“Alhoewel sommige van ons dogters terug is, kan ons nie hul terugkoms vier in die teenwoordigheid van dié wie se dogters steeds vermis word nie… Ons moet die kruis saam dra en aanhou hoop en glo dat God ons ʼn rede sal gee om saam te vier wanneer al die dogters terug is.”

Ons is dankbaar dat as gevolg van jou ondersteuning en die van Geopende Deure se plaaslike vennote, oor die afgelope vier jaar, was hierdie treurende ouers in staat om traumasorg te ontvang en finansiële ondersteuning vir medikasie
en kos. Hulle is so dankbaar vir jou gebede en vir die woorde van bemoediging wat baie vriende soos jy aan hulle geskryf het om hul te versterk.

“Ons het die antwoord op jul gebede gesien. God het julle gebruik om ons storie te verander. Julle briewe is vir ons soos boesemvriende. Wanneer ons gedaan voel, put ons nuwe krag uit jul woorde. Ons is julle ewig dankbaar. God sal julle ryklik seën!” het Yakubu gesê.

Jy het gehelp om ʼn reuse verskil in die lewens van hierdie ouers te maak. Maar hulle benodig steeds jou gebede en bemoediging namate hulle wag op die terugkoms van al hulle kosbare dogters. Dankie dat jy bankvas agter hulle staan deur jou ondersteuning!

Back To Top
Soek