Skip to content

Jou gebede versterk gelowiges in Sri Lanka

Sri Lankan Family

Op Paassondag 2019 is Sri Lanka geruk deur selfmoord-bomaanvalle by drie kerke en drie hotelle. Hierdie maand is dit twee jaar sedert die gebeurtenis.

Verlede jaar, te midde van die Covid-pandemie, was ons spanne in staat om talle families wat deur die bomaanvalle geraak is te besoek. Een familie het hulle seun, Jackson, suster Verlini en hul swaer, Ranjith verloor. Twee van hulle familielede is ook ernstig beseer. Verlini se ses-jarige dogtertjie, Debbie, het haar sig verloor, terwyl Verlini se sussie, Rebekah, derdegraadse brandwonde opgedoen het.

Ons is aangeraak daardeur dat die atmosfeer in hulle huis minder swaar was as by die ander huise wat ons besoek het.

In hulle tyd van smart, was jou gebede en ondersteuning ʼn groot bron van krag en bemoediging vir gelowiges soos Rebekah.

Rebekah sê: “Dankie vir alles wat julle vir ons gedoen het. Dankie dat julle vir my, vir Debbie en ons familie bid. Dit is te danke aan julle gebede dat ons in staat was om sterk in ons geloof te staan.”

Jou ondersteuning het ook ander gelowiges gehelp met vervoer, siende dat party hulle motorfietse in die ontploffing verloor het. Dit het ook sommiges, soos Prashant wat ‘n dagloonwerker is,  gehelp om ʼn inkomste te genereer. Sy vrou is in een van die aanvalle dood wat hom agterlaat om alleen na hul vier kinders om te sien.

Pastoor Roshan, die leier van die Zion Kerk (een van die kerke wat deur die aanvalle getref is), het gesê: “Hello liewe vriende, ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om elke een van julle te bedank. Ek ken julle nie persoonlik nie maar die Here ken julle. In ons tyd van nood het ons niemand aan ons kant gehad nie. Julle het almal saam met ons gestaan. Uitdagings en behoeftes was oorweldigend, maar God het dit gebruik. Hy het dit op julle harte gedruk om ons het help. Elke sent wat julle aan ons gegee het, het ons bereik. Pastoor Sunil* (ʼn plaaslike Geopende Deure werker) het ons verskeie kere besoek, ons beraad en gehelp. Hou aan om goed te doen. Ons kan net iets doen terwyl ons lewe. Jesus sal binnekort kom. Wanneer jy iets kan doen, moet jy dit doen. Moenie huiwer nie. Doen dit nou. Doen dit via Geopende Deure. Dit bereik ons.”

Dankie dat jy by ons familie in Sri Lanka staan namate hulle voortgaan om te herstel van die trauma en verlies wat hulle ervaar het. Daar is soveel Christene in geslote lande wat deur soortgelyke aanvalle geaffekteer word. As jy in staat is om te gee, vra vandag biddend vir die Here hoe jy by hulle kan staan terwyl hulle deur hulle trauma en verlies werk.

*Name verander vir sekuriteitsredes.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek