Skip to content

Jy bewys aan vervolgde gelowiges dat God hulle nie sal verlaat nie!

In baie streke van die wêreld, kan die keuse om ʼn volgeling van Christus te wees, jou die vyandskap van jou hele gemeenskap op die hals haal. Dit word beskou as verraad teen jou erfenis en die voorvadergeeste wat jy veronderstel is om tevrede te stel.

Nadat hy jare lank probeer het om die voorvadergeeste tevrede te stel, voordat hy in Christus vertrou het, het Samuel *, van Tsjad, geweet wat sou gebeur sodra hy blameer word vir sy neef se dood. So, hy het sy familie bymekaargemaak en uit hul huis gevlug voordat sy neef se familie dit aan die brand gesteek het.

Dit is toe dat jy ingetree het om te help. Deur jou gebede en ondersteuning, was Samuel en sy gesin in staat om weer hul huis te herbou – en om die bemoediging te ontvang wat hulle nodig gehad het om op God te vertrou gedurende so ʼn desperate tyd!

Nadat hulle by hul nuwe huis ingetrek het, het Samuel vertel…

“Alhoewel ek steeds dreigemente ontvang, het ek besluit om hulle ten volle te vergewe. En nou het ek hoop, omdat ek weet dat niks vir God onmoontlik is nie. Selfs al word ek deur mense verlaat, sal God my nooit verlaat nie!”

Dankie dat jy help om vir Samuel hoop te gee te midde van vervolging. En dankie vir enige geskenk wat jy hieronder kan gee om meer gelowiges soos hy te help wat woon waar geloof die meeste kos.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word om die wêreld heen – dankie!

*Naam verander vir sekuriteitsredes

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek