Skip to content

Stories van hoop wat jy help skryf!

Regdeur hierdie jaar, het jy dié onthou wat op die frontlinies vir die naam van Christus ly. Jou gebede, briewe en ondersteuning het so baie vir hulle en hul families beteken namate jy hulle gehelp het om die donkerte terug te dring.

Ek kon opleiding gee in die provinsies van Homs, Tartous en Hama. Die deelnemers was Sondagskoolonderwysers en onderwysers wat by Christelike skole werk. Ek bedank almal wat hierdie opleiding vir kinderwerkers ondersteun het. Hierdie dae met die onderwysers was baie betekenisvol vir die kerke en skole vir wie hulle werk. Alle eer aan God.”

– Mayza*, ʼn opleier in Sirië

“Dankie dat julle oor ons bekommerd was! Te danke aan Geopende Deure het my familie ekonomiese stabiliteit. Ons is gelukkig en ons werk. Moet nie ophou met julle ondersteuning van vervolgde Christene in Mexiko nie. Julle arbeid is baie belangrik.”

Lauro Nuñez, begunstigde van ʼn kosbesigheid in La Chachalaca, Oaxaca

Dankie vir die boek wat julle my gegee het, genaamd Genealogy of Grace. Ek het gelees van so baie belangrike, nuwe en behulpsame dinge vir my lewe. Baie dankie vir die boeke en CD’s wat julle vir ons bring – dit bied vir ons ʼn groot geleentheid om iets nuuts oor God en ons lewens te leer.”

Fatima, begunstigde van Geopende Deure se verspreidingsbediening

“In elke omstandigheid kan God mense oprig om hoop vir Sy mense te bring. Wat Geopende Deure vir ons gedoen het, kan nooit oorbeklemtoon word nie. Ons slapelose nagte oor die toekoms van ons kinders is nou verby te danke aan Geopende Deure. Ons is verstom oor wat God doen deur jul bediening in ons area. Ek kan ʼn helderder toekoms sien vir Christenkinders en die kerk in noordelike Nigerië. Ons is trots om ons met julle te vereenselwig. Ons kinders sal Geopende Deure in hul lewens onthou.”

Mnr. Markus, ʼn ouer wie se kind se skool deur Geopende Deure ondersteun is

*Naam verander en verteenwoordigende foto’s gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek