Bly op hoogte van waar ons mede-Christene die ergste vervolging in die wêreld ervaar – en wees een van die eerstes om ʼn oorsig van die 2019 Wêreldwaarnemingslys te kry gedurende ons Facebook Live-geleentheid vandag, 16 Januarie om 13:00.
Moenie die geleentheid mis om…
> Uit te vind hoe en waar vervolging in terme van intensiteit verander het gedurende die laaste jaar.
> Meer te weet oor hoe jy kan bid, en praktiese ondersteuning voorsien aan gelowiges wat swaarkry.
> Die woord te versprei aan jou kerk en vriende oor die lot van vervolgde Christene.