Skip to content

Jy help om geïsoleerde gelowiges soos Nawal te bemoedig

Vir die buitewêreld, is Nawal* ʼn betaamlike Moslem. Maar in haar hart is sy lief vir Jesus, en bid sy elke dag vir Sy krag om haar te help om Hom te volg, selfs al is sy heel te mal geïsoleerd in haar geloof.

Volgens die Saoediese wet, is haar man geregtig om haar te slaan, van haar te skei of haar selfs dood te maak indien hy van haar geloof uitvind. Dus beskerm Nawal haar geheim baie versigtig, maar sy weet ook dat ʼn leërmag van gelowiges soos jy vir haar bid.

Deur teksboodskappe van onbekende bronne, ontvang sy bemoedigende boodskappe in Arabies – niks wat haar kan ontbloot nie, net genoeg om haar te laat weet dat Christenvriende vir haar bid.

Nadat sy elke boodskap gelees het, vee sy die hele gesprek uit.

Nawal se situasie is ʼn algemene een vir baie Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond, veral vroue. En die vrees, depressie en isolasie wat hulle elke dag in die gesig staar, bedreig voortdurend hulle geloof. Dis is waarom die ondersteuning van vriende soos jy, so kritiek is om ʼn netwerk van mense te onderhou wat kan kommunikeer, bid, en wanneer dit moontlik is, omgee vir geïsoleerde Christene van regoor die wêreld.

Dankie dus dat jy help om geïsoleerde gelowiges soos Nawal te bemoedig, en te versorg. En dankie vir enige geskenk wat jy gelei voel om vandag te gee om meer mense wat seer het soos sy, te help wat woon waar geloof die meeste kos.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek