Skip to content

Jy help gelowiges in Nuba om te oorleef en die hoop van Jesus te verkondig!

In ʼn gemeenskap wat geknel word deur die regering en voortdurend deur droogtes bedreig word, is die graduering van Nuba-gelowiges, soos Musa*, uit een van die mees invloedryke Bybel-kolleges in Soedan, ʼn groot prestasie.

Toevertrou met die belangrike taak om die hoop van Christus in hul gemeenskap te deel, is hierdie Christene sigbare getuies van God se begeerte om die Nuba-mense te bereik.

Soos Musa met een van ons veldwerkers gedeel het na sy graduering…

“Ek is nou ʼn beter mens, en is in staat om God se plan vir my lewe te verstaan. Ek wil dankie sê aan almal wat die Bybelskool ondersteun het. Bid asseblief dat die Moslems in ons area hulself tot Christus sal keer.”

Musa is net een van die baie evangeliste en sendelinge wat jy gehelp het om, deur jou vennootskap, opleiding te ontvang. Maar die impak van jou ondersteuning eindig nie hier nie. Te danke aan vriende soos jy, was Geopende Deure in staat om lewensreddende kosvoorraad, basiese medisyne en broodnodige muskietnette te voorsien aan meer as 12,000 vroue en kinders.

Dankie dus dat jy ons broers en susters help om nie net in die Nuba-berge te oorleef nie, maar ook om getuies vir Christus te wees in daardie streek.

En dankie vir enige geskenk wat jy hieronder kan gee om selfs nog meer gelowiges, wat leef in plekke waar geloof die meeste kos, te help versorg en op te lei.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

*Verteenwoordigende naam en foto gebruik weens sekuriteitsredes. 

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top