Skip to content

ʼn Minuut is so kosbaar. Vra net vir iemand wat die bus gemis het of wat in die verkeer vassit omdat hulle die huis ʼn minuut later as gewoonlik verlaat het. Baie kan in een minuut gebeur.

Vandag, dus, wil ons jou uitdaag om ʼn minuut af te staan om deel te neem aan ons Internasionale Dae van Gebed (IDOP) se 12:26-Uitdaging. Hoekom 12:26? Eerste Korintiërs 12:26 sê, “En as een lid ly, ly al die lede saam….” Vir die agt dae van IDOP, stel jou alarm vir 12:26 nm. en onderneem om vir ons broers en suster te bid.

Back To Top
Soek