Skip to content

Help Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond om sterk te staan vir Jesus

Dit is ʼn moeisame en eensame pad vir ʼn Moslem wat besluit om Islam te verlaat om Jesus te volg.

Nuwe Christene staar intense druk en verwerping vanaf hul Moslemfamilies in die gesig. Baie word vermoor om die familie se “eer” te herstel, of word blootgestel aan marteling en bendegeweld. Vrouens word dikwels gedwing om met Moslems te trou, fisiek mishandel en die sorg oor hul kinders geweier.

Tog maak duisende hierdie dapper besluit regoor die Midde-Ooste.

Die aantal Moslems wat na Christus keer in Iran is ongekend. Daar word gereken dat daar sowat 800,000 Christene in Iran is, waarvan die meeste afkomstig is vanuit ʼn Moslemagtergrond.

“Hulle is ʼn totaal nuwe tak aan die boom – voormalige Moslems wat nou vir Christus lewe,” sê ʼn medewerker van Geopende Deure in die Moslemwêreld. “Hulle het samesyn, dissipelskap en teologiese opleiding uiters baie nodig.”

En as hul broers en susters in Christus, is dit ons verantwoordelikheid om saam met hulle te staan en aan hulle ons ondersteuning te bied.

Wanneer jy hieronder gee…

  • Sal jy help om Bybels, dissipelskap en seminare vir vervolgingsgereedheid te voorsien.
  • Sal jy help om leiers op te lei om Moslembekeerlinge te versorg, en dit sluit trauma berading in.
  • Sal jy help om kwesbare vroue toe te rus met beroepsvaardighede en geletterdheid.
  • Sal jy help om noodleniging te voorsien, wat verligting vir gevangenes en martelaars insluit.
  • Sal jy help om Moslembekeerlinge te verteenwoordig met regshulp, voorspraak… en meer.

Dankie dus vir jou ruimhartige geskenk hieronder om te belê in die lewens van geheime gelowiges in die Midde-Ooste – jy help hulle om sterk te staan vir Jesus.

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

 **Indien die R568,800-doelwit oorskry word, sal jou geskenk aangewend word waar dit die meeste benodig word.

Back To Top
Soek