Skip to content

Hamida het ʼn veilige hawe gevind – te danke aan vriende soos jy

Nadat Hamida* se Moslemman, Amrid*, op ʼn Islamitiese pelgrimstog gegaan het, het hy met sy terugkoms na sy familietuiste in Kirgistan ʼn nog meer toegewyde Moslem geword. Omdat Hamida ʼn Christen geword het, het Amrid haar begin slaan en geëis dat sy terugkeer tot Islam. Toe sy weier, het hy haar identiteitsdokumente weggevat en haar in hul skuur opgesluit sonder kos, water, of die geleentheid om hul kinders te sien.

Genadiglik het Hamida ontsnap. Haar kerk het haar na ʼn Geopende Deure-skuilhuis gestuur om weg te kruip van haar man en familie, en om emosionele, fisieke en geestelike berading te ontvang. Hier is sy versterk deur besoeke van Christenvroue en ʼn Christenraadgewer. Bly asseblief bid vir Hamida en haar familie.

Hamida se storie is nie ongewoon nie. Dis hoekom skuilhuise, wat jy help moontlik maak, noodsaaklik is vir Sentraal-Asiese kerke. Dit is ʼn plek waar vervolgde Christene kan skuiling vind wanneer hulle in gevaar is of wanneer hulle uitgeskop word deur Moslemfamilielede omdat hulle Christus volg. Dis ook ʼn plek waar mense soos Hamida kan herstel en dink oor hul volgende stap.

In vennootskap met Geopende Deure help jy Christene om ʼn rusplek te vind om te herstel van die vervolging wat hulle ervaar. Dankie dat jy hulle help om voort-durend helder ligte in hul land vir Christus te wees!

*Name verander en verteenwoordigende foto’s gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek