Skip to content

Halleluja!

Abdu sê, ‘Julle voel soos my nuwe familie’

Toe 15-jarige Abdu en sy broer, na hul ma se bekering, Christene geword het, kon hulle nie meer hul Midde-Oosterse skool bywoon nie. Nou, is hy ook van sy eie familie afgesny – maar ons is dankbaar dat ʼn getroue Christengesin na hom omsien.

Jou ondersteuning help om Abdu die krag te gee om vir Christus te bly lewe, en hy sien jou as deel van sy geestelike gesin. “My familie se gebede vanaf regoor die wêreld moedig my aan om meer te bid en sterk te staan in die Here,” sê hy. “Julle, wat vir my bid, voel soos my nuwe familie. Ek maak werklik staat op julle.”

Abdu voel en is steeds alleen. Maar hy is oortuig dat God in beheer is. “Ek mag dalk nie altyd alles verstaan nie, maar God het ʼn plan vir my. Daarom kan ek sê dat ek geseënd is.”

En hy voeg by: “Moet asseblief nie ophou bid nie… nie net vir my nie, maar vir alle Christene wat ly in die Midde-Ooste.” Dankie!

Back To Top
Soek