Skip to content

Kadidja is ʼn 12-jarige Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond van noordelike Kameroen. Sy woon saam met haar ma en drie broers in ʼn gemeenskap waar Moslems in die meerderheid is. En kort nadat haar pa dood is, is Kadidja gediagnoseer met lewersirrose.

Sy het toe Christenbure ontmoet wat haar van Jesus vertel het. En verlede jaar het sy haar lewe aan Christus gegee!

Sedertdien, maak Kadidja van elke geleent-heid gebruik om kerk toe te gaan en saam met ander Christene te kuier. “Wanneer ek in die kerk is, voel ek op my gemak, ten spyte van die siekte in my liggaam,” het sy gesê.

Die Moslemgemeenskap is nie gelukkig hiermee nie en het haar ma, Haoua, gewaarsku om Kadidja te verbied om kerk toe te gaan. Maar Kadidja hou aan met haar bywoning ten spyte van die dreigemente en haar swak gesondheid. “Die jong meisie se geloof is merkwaardig,” het een van die plaaslike pastore gesê.

Haoua het ook ʼn Christen geword, nadat sy die liefde en ondersteuning gesien het wat die kerk aan haar dogter bewys het. Bid asseblief vir Kadidja se gesondheid om te verbeter. Bid ook vir wysheid vir Christene en vir die Kerk, wat omsien na jong gelowiges soos sy wat leef waar geloof die meeste kos.

 

*Verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek