Jerome bid vir sy vyande se bekering, wat tot redding lei, maar ook nederig dat sy eie geloof nie sal faal in die aangesig van voortdurende swaarkry en vervolging nie.
Meer as 16 miljoen mense in sub-Sahara Afrika is deur geweld ontwortel. In die Noord-Kivu in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) moes 2,6 miljoen mense sedert 2022 vlug. Na beraming is 130 000 mense vanjaar tussen Januarie en Maart gedwing om te vlug.
Jerome het verduidelik hoe dit voel om ontwortel te word en hoe ons saam met hom en ander in die DRK kan bid. Die lewe is moeilik en menslik gesproke is daar blykbaar nie ʼn oplossing in sig nie.
Ons vervolgde familie het dringende ondersteuning in hul daaglikse lewens en gebede nodig om te oorleef en hul geloof te behou.
Help asseblief vandag
- Elke R180 kan aan ʼn gelowige ʼn Bybel gee om hul geloof te help koester.
- Elke R460 kan noodskuiling aan ʼn ontwortelde gelowige gee, wat hulle sal help om sterk in hul geloof te staan.
- Elke R1 520 kan ʼn maand se onderwys aan ʼn ontwortelde kind gee om vir hulle ʼn toekoms te verseker.
Bid en gee asseblief vandag.
Wanneer honger en hopeloosheid ons vervolgde familie ver van God laat voel, is jou ondersteuning en gebede selfs meer waardevol.
*Naam verander en verteenwoordigende foto’s gebruik om sy identiteit te beskerm.
**Enige oortollige fondse sal gebruik word om ander vervolgde Christene te versterk waar dringende hulp nodig is.