In Jemen, een van die gevaarlikste plekke om Jesus te volg, lei Saleh* dapper die ondergrondse kerk.
Saleh se foon piep onheilspellend. “Hulle soek na jou,” staan in die teksboodskap. “Jy is dood.” Die woorde is onheilspellend. Maar dit sal nie hierdie moedige Jemenitiese evangelis keer om mense van Jesus te vertel nie.
“Wanneer ons by die huis sit en niks doen nie, sal ons veilig wees,” sê Saleh. “Maar watter tipe Christene sal ons wees as ons nie ons lewens waag vir ander om Lewe te ken nie?”
Dapper gelowiges deel die Goeie Nuus oor Jesus in die donkerste plek. Hoe? Met jou ondersteuning.
“Sonder julle sal ons nie in staat wees om die Kerk te dien nie. Julle gebede is belangrik en opbouend, wat ons die krag gee om aan te gaan,” sê Saleh.
Ons familie wat in lande met uiterste vervolging bly (soos Somalië, Libië, Eritrea en Jemen), het jou ondersteuning en gebede dringend nodig.
Sal jy Christene help wat alles waag om die Evangelie in die donkerste plekke op aarde te verkondig?
R250 help ʼn geïsoleerde gelowige om God te hoor praat deur ʼn gereelde radio-uitsending.
R1 050 voorsien ʼn kospakkie aan die mees vervolgde gelowiges om hulle lewend te hou.
R1 600 lei ʼn Christen op om vervolging te weerstaan in een van die wêreld se donkerste plekke.
*Name changed for security reasons
**Any excess funds will be used to strengthen other persecuted Christians where urgent help is needed.