Noord Koreaanse veiligheidsmagte het Ji Ho* se huis deursoek totdat hulle dit gekry het…
ʼn Bybel. Toegedraai in plastiek en in die tuin begrawe.
Ji Ho se pa is weggeneem en sy het hom nooit weer gesien nie. Ji Ho het alleen grootgeword. Dikwels verhonger, in ʼn stryd om te oorleef.
Volgens die 2024 Wêreld waarnemingslys is Noord-Korea die gevaarlikste plek in die wêreld om Jesus te volg. Die besit van ʼn Bybel kan ʼn doodsvonnis wees.
Maar selfs in die donkerste plekke kan God nie stil gemaak word nie.
Op ʼn dag het Ji Ho haar pa se klein versteekte radio ontdek. Sy het die woorde van Jesus gehoor en haar lewe vir Christus gegee.
Ons geloofsfamilie in lande met uiterste vervolging (soos Somalië, Libië, Eritrea en Jemen) het dringend jou ondersteuning en gebede nodig.
Sal jy Christene help om in die donkerste plekke op aarde te oorleef?
R250 help ʼn geïsoleerde gelowige om God deur ʼn gereelde radio-uitsending te hoor praat.
R1 050 verskaf ʼn kospakkie aan die mees vervolgde gelowiges om hulle aan die lewe te hou.
R1 600 lei ʼn Christen op om vervolging in een van die wêreld se donkerste plekke te verduur.
Christene regoor die wêreld wat die prys van geloof opweeg, maak staat op ons. Namate ons hulle bystaan, mag ons nie oorweldig raak nie maar vasklou aan Jesus se belofte in Matteus 16:18, “Op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.”
*Naam vir sekuriteitsredes verander.
**Enige ekstra fondse sal gebruik word om vervolgde Christene te versterk waar dringende hulp nodig is.