Skip to content

Gelowiges soos Rhoda in Nigerië het dringend jou hulp nodig

Meer as 75,000 ontwortelde Christene in die noordooste van Nigerië gaan nou gebuk onder geweld vanaf Boko Haram , asook lewensgevaarlike diskriminasie vanaf Moslemowerhede.

Rhoda is gedwing om te vlug nadat Boko Haram-terroriste haar dorp aangeval het, haar familie se huis aan die brand gesteek het en haar pa vermoor het. Haar familie staar tans verhongering in die gesig weens die verlies aan hul landbougrond, hongersnood en die wreedaardige diskriminasie van kos en noodleniging, wat selfs in vlugtelingkampe, van so baie Christene weerhou word.

Hoop het egter gekom toe vriende van Geopende Deure, soos jy, ʼn noodkospak aan die familie voorsien het met twee maande se meel en bone in. Sy sê vir vriende soos jy,

“Julle is beslis engele wat deur God gestuur is om my trane af te vee. Ek het Moslems gehaat, en myself voorgeneem dat ek hulle nooit sou help nie, omdat hulle ons ondersteuning geweier het. Maar hierdie ondersteuning deur Geopende Deure is onvoorwaardelike, en dit het my gehelp om hierdie haat te verander. Ek het ʼn nuwe perspektief! Dankie”

Gee asseblief ruimhartig vandag om dringende noodkospakke te help bring, om meer Christene soos Rhoda te help oorleef tydens hierdie krisistydperk, en om God se Koninkryk uit te bou waar geloof die meeste kos. Dankie!

 

*** Indien hierdie projek ten volle befonds is, sal fondse aangewend word waar dit die meeste benodig word.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek