Skip to content

In die loopgraaf

Mev. Ran*, ʼn gelowige wat in die grotendeels Boeddhistiese nasie van Bhoetan bly, word aanhoudend deur haar man en sy familie gespot oor haar geloof.

Sy is al vir meer as ʼn dekade lank ʼn Christen, en haar man het ook op ʼn tyd vir Jesus gevolg. Maar verlede jaar het hy ingegee onder die druk vanaf sy familie en na sy vorige geloof teruggekeer.

Sedertdien, plaas hy druk op Mev. Ran om haar geloof te verlaat, beperk hy haar om die huis te verlaat sodat sy nie kerk toe kan gaan nie, en het hy haar onlangs geslaan omdat sy weier om Christus te versaak. Soms noem hy haar “verstandelik gestremd” en hy het die skoolowerhede gevra om haar te verhoed om hul dogter by die skool af te laai omdat sy steeds ʼn Christen is.

Bid asseblief vir Mev. Ran om sterk te staan in die Here, en dat haar man sy weg terug na Christus sal vind, sodat hulle saam haar skoonfamilie na saligheid kan lei. Dankie dat jy haar bemoedig deur jou ondersteuning!

*Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek