Skip to content

Dankie dat jy Shikhar help om sterk te staan in sy geloof!

Terwyl hy in die hospitaal was weens ʼn padongeluk, het Shikhar se familielede die hospitaal opdrag gegee om hom kos te weier. Hulle het elke moontlike geleentheid gebruik om hom te straf vir sy Christengeloof

Shikhar deel…

“Al wat ek kon doen was om op my bed te lê en huil. Ek het so ontmoedig gevoel, en het telkemale gewens dat ek kon doodgaan! My hart was gebroke, maar my pastoor het my gereeld in die hospitaal kom besoek. Hy het van tyd-tot-tyd vir my middagete gebring.”

Dit was terwyl Shikhar in die hospitaal was, dat Geopende Deure, deur plaaslike kerkvennote, kontak met hom gemaak het en hom gehelp het om sy hospitaalrekeninge te betaal. Hulle het ook vir hom klere, kos, asook emosionele en geestelike ondersteuning gebied deur vervolgingsgereedheid seminare.

Shikhar is tans ontslaan en by die huis, maar hy hou aan om dreigemente te ontvang. ʼn Plaaslike dorpenaar het gedreig om hom dood te maak, sou hy nie ophou preek nie, maar Shikhar het sterk gebly.

Hy voeg by…

“Ek hou aan om myself te herinner wat vervolgingsgereedheid my geleer het – ek is nie alleen nie. Daar is baie wat swaarkry vir hul geloof. God is met my, en ek sal nooit spyt wees oor my geloof nie. Hoe meer ek vervolg word, hoe meer sal ek in my geloof groei en versterk word.”

Dankie dat jy Shikhar help onthou dat hy nie alleen is nie. En dankie vir enige geskenke wat jy hieronder kan gee om ander soos hy te help om vervolging te deurstaan en sterk te staan in hul geloof.

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden

Back To Top