Skip to content

Christene in Tsjad sê dankie dat jy ‘hierdie geestelike stryd saam met ons veg’

Verlede jaar het Pastoor Manoah* in Tsjad vir sy gemeente gevra om vir ʼn lid te bid wie se ouers besig was om hom onder druk te plaas om aan inisiasie-rituele deel te neem – die plaaslike dorpenaars was woedend hieroor.

ʼn Groep dorpenaars het later ʼn gebedsbyeenkoms bestorm en die Christene geslaan. Hulle het twee gelowiges, Daniel* en Elisha*, na die inisiasie-area gesleep en hulle gestraf omdat hulle nie deelgeneem het nie. “Ons was kaal uitgetrek,” het Elisha gesê. “Hulle het ons oor en oor geslaan.”

In Tsjad, verduur Christene gereeld die woede van hul gemeenskap wanneer hulle weier om deel te neem aan rituele of om hul voorvaders te aanbid.

Daniel* en Elisha* is geslaan omdat hulle nie aan inisiasierituele wou deel neem nie.

Die aanvallers het ook Pastoor Manoah se eiendom geplunder en die kerk se meubels en toerusting vernietig. Daniel, Elisha en Manoah is uit die dorpie verjaag en kruip steeds weg, met sommige van hulle wat van hul gesinne geskei is. Terwyl baie ander Christene, uit vrees, uit die dorpie gevlug het, het baie sedertdien weer teruggekeer.

In plaas daarvan om die Christene te beskerm, het die plaaslike owerhede vir die kerk gesê om by die gemeenskap verskoning te vra omdat hulle hul aanstoot gegee het.

Om Pastoor Manoah se kerk te bemoedig het Geopende Deure hulle besoek en hulle kos en geld gegee om hul kinders in die skool te hou – alles moontlik gemaak deur jou ondersteuning. “Ons is so dankbaar, nie net vir die dinge wat ons van julle ontvang het nie, maar om te weet dat julle hierdie geestelike stryd saam met ons veg,” het Elisha gesê.

Met jou hulp is hierdie gelowiges, te midde van moeilike omstandighede, daaraan herinner dat God in staat is om baie meer te doen as wat ons bid of dink. Bid asseblief vir gelowiges in Tsjad om sterk te bly in hul geloof, ten spyte van die voortdurende druk wat hulle van hul gemeenskap verduur.

*Name verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek