Skip to content

Wat?

BLACKOUT is ʼn geborgde 48-uur digitale vas ten bate van vervolgde Christene. Dit beteken ʼn hele naweek sonder jou foon, die Internet, sosiale netwerke of enige iets anders wat betrekking het met die Internet.

Hoekom?

Vervolgde Christene, om die wêreld heen, het nie ʼn stem nie. Miljoene word vervolg, gedreig, geslaan, gearresteer, gemartel en party selfs doodgemaak vir hulle keuse om Jesus te volg. Hulle word stilgemaak. Deur geborg te word om stil te word aanlyn, sal jy geld insamel vir verandering, en die tyd wat jy nie op jou foon spandeer nie, gebruik om te bid – en so, ʼn groot geraas voor God te maak vir ons vervolgde familie.

Wanneer?

BLACKOUT 2017 vind plaas in November van 7nm op enige Vrydag tot 7nm op die Sondag (maar as die dae jou nie pas nie, kan jy BLACKOUT doen wanneer jy ook al wil)!

Laai jou gratis Facebook cover en profielfoto af en laat weet ons dat jy deelneem deur ‘n epos te stuur na [email protected] of laat weet ons via Facebook of Twitter.

Back To Top
Soek