Skip to content

Jy was die antwoord op die gebede van gelowiges in Bangladesj

Vroeër vanjaar, het die COVID-19 grendeltyd in Bangladesj daartoe gelei dat talle mense hul lewensbestaan en werke verloor het. Hulle kon nie vir hul families sorg nie, veral Christene wat weens hul geloof diskriminasie in die gesig gestaar het met die ontvang van noodleniging. Die situasie het egter verder versleg toe sikloon Amphan toegeslaan het. Baie mense het ook hul huise verloor weens die verwoesting wat die sikloon gesaai het. Baie gelowiges het depressief, gefrustreerd en hopeloos gevoel.

Geopende Deure-vennoot, Broer Abraham het ʼn taakspan bymekaar gesit om Geopende Deure se noodlenigingspakke uit te deel in areas wat geraak is.

Die rit was baie uitdagend omdat die stofpaaie vol modder, en groot en diep slaggate was. Dit was moeilik om die kositems droog te hou in die reën omdat die trok nie behoorlike bekleedsel gehad het nie.

“Daar was tye wat ek en my spanlede op die dak van die trok moes sit om seker te maak dat die dekseil wat die kos toemaak nie wegwaai en die kos nat word nie,” sê Abraham.

COVID-19 het die risiko vermeerder, maar hulle het op God vertrou en voorsorg getref.

Dit is slegs ván die ekstra myle wat Geopende Deure en ons plaaslike vennote sal stap om ons broers en susters in Christus by te staan. Maar, ons kan dit nie alleen doen nie. Ons missie, om te “versterk die wat oorbly, en wat op die punt staan om te sterwe,” is te groot vir ons om self te behartig. Dit is waarom ons so dankbaar is vir jou wat saam met ons in gebed staan en vervolgde Christene ondersteun, veral in hierdie uitdagende tye.

In Bangladesj, het jou gebede en ondersteuning gehelp met noodleniging en kos. Jy het ook gehelp om sinkplate te voorsien aan gelowiges wat hul dakke moet herstel nadat dit deur die wind weggewaai is. Teen September 2020, is noodleniging uitgedeel aan meer as 4 500 families, sowat 19 000 menseuitegedeel. Als te danke aan jou ondersteuning.

“Ons is baie bly. Ek het nog nooit ondersteuning soos die ontvang nie. Baie plaaslike owerhede het ons hoop gegee, maar niemand van hulle het ons gehelp nie. Julle het vir ons gegee. Julle het baie gegee. Baie, baie dankie,” het Susanto, ʼn ander begunstigde gesê.

Dankie dat jy help om in die onmiddellike behoeftes van gelowiges in Bangladesj te voorsien.

Daar is ʼn dringende behoefte vir langtermyn hulp aan vervolgde gelowiges in Bangladesj en verder, omdat ons waarskynlik nog vir ʼn paar jaar met die pandemie sal moet saamleef. Indien dit vir jou moontlik is, help asseblief om in hul langtermyn behoeftes te voorsien en hul lewensbestaan te herbou sodat hulle na hul families kan omsien en voortgaan om die sout en lig in hul lande te wees.

 

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

 

Back To Top
Soek