Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Pakistan

Streek: Suid-Asië
2019 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #5 in die top 50 lande
Leier: President Arif Alvi
Bevolking: 200,814,000 (slegs 2% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Federale Parlementêre Republiek
Bron van Vervolging: Islamitiese Onderdrukking, plus Georganiseerde Korrupsie en Misdaad

Stel jouself voor dat dit Paasfees of Kersfees is. Jy wil kerk toe gaan, maar Islamitiese ekstremiste het gewaarsku dat Christene wat deelneem aan hierdie vieringe gestraf sal word. Wat sou jy doen?

Ongelukkig staar baie Christene in Pakistan hierdie situasie in die gesig. Radikale Moslems hou Christelike byeenkomste dop, en baie kerke is deur bomaanvalle geteiken of afgebrand. Dus is Paasfees en Kersfees veral gevaarlike tye.

In Pakistan word die berugte wette op godslastering dikwels misbruik om Christene te teiken – en aanklagtes kan lei tot tronkstraf of dood vir gelowiges. Christene is bang om hul geloof met vrymoedigheid uit te leef ingeval iets wat hulle sê geïnterpreteer word as godslastering. Hulle ervaar diskriminasie by die werk en die skool, en werk wat as onrein gesien word, word offisieel uitgehou vir Christene. Ongeveer 700 Christenvroue en -meisies word elke jaar ontvoer en dikwels gedwing om met Moslemmans te trou. Indien hul families beswaar maak, word hulle daarvan beskuldig dat hulle die meisie wat “vrywillig bekeer” het, lastig val.

Bid asseblief vir Pakistan:

  • Dat Pakistan se wette op godslastering verander sal word sodat Christene beveilig sal wees teen valse aanklagtes
  • Vir Geopende Deure se vennote wat uitreik om geïsoleerde gelowiges te vind
  • Dat Pakistan se Christene beskerm sal word, veral vroue en meisies
Back To Top
Soek