Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Nigerië

Streek: Wes-Afrika
2018 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #14
Leier: President Muhammadu Buhari
Populasie: 191,836,000 (46.3% is Christen)
Meerderheidsgeloof: Christenskap en Islam
Regering: Federale Presidensiële Republiek
Bronne van Vervolging: Islamitiese Verdrukking

Islam is die oorheersende geloof in noordelike Nigerië, terwyl Christenskap oorheers in die suide. Radikale groepe soos Boko Haram en Moslem Fulani-veewagters vervolg gelowiges gewelddadig in noordelike Nigerië, waar Christene soos tweedeklasburgers behandel word. Bekeerlinge verduur verwerping en druk vanaf hul Moslemfamilies om hul geloof te herroep.

Vroue en meisies word dikwels ontvoer en seksueel aangerand deur Boko Haram en Moslem Fulani-veewagters, en dan geforseer om met hulle te trou. Wette wat minderjarige huwelike toelaat (asook die kulturele- en geloofsnorme wat meisies ontmoedig om skool toe te gaan) dra by tot hierdie probleem. Die vervolging van vroue en meisies maak ʼn groot impak op die Kerk en Christenfamilies.

Hiermee in gedagte, asseblief:

  • Bid saam met Nigeriese Christene vir hul beskerming, veral vir vroue wat in gevaar is om ontvoer en gedwing te word om met Moslemmans te trou.
  • Bid vir vertroosting en krag vir die duisende ontwortelde Christene – en vir wysheid vir die Geopende Deure-vennote wat hulle bedien.
  • Bid vir die veilige terugkoms van die Chibok-skoolmeisies wat steeds gevange gehou word en vir hul afwagtende families.
  • Bid vir verwaarloosde Christendorpies wat sukkel sonder water en mediese sorg.
Back To Top
Soek