Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Jordanië

Streek: Midde-Ooste
2018 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #21
Leier: King Abdullah II
Populasie: 7,877,000 (slegs 1.6% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Parlementêre Konstitusionele Monargie
Bronne van Vervolging: Islamitiese Onderdrukking en Etniese Antagonisme

Jordanië het met ses plekke geklim op hierdie jaar se Wêreldwaarnemingslys, as gevolg van hoër vlakke van geweld teen Christene. Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond ervaar die meeste vervolging. Hulle word steeds as Moslems gesien en word sonder ophou vervolg in die hoop dat hulle sal ingee en “tot hul sinne sal kom”. Die meeste druk kom van families af, wat tot erge geweld en selfs moord kan lei. Stamgebondenheid is sterk in Jordanië, en etniese leiers is ook geneig om hul invloed te gebruik om bekeerlinge te kry om hul nuwe geloof te ontsê. Ten spyte van die vervolging is die klein getal Christene vanuit ʼn Moslemagtergrond besig om te groei in Jordanië.

In kontras hiermee geniet Christene wat aan Ortodokse en Rooms Katolieke denominasies behoort, ʼn relatiewe hoë vlak van godsdiensvryheid in Jordanië – alhoewel hulle steeds diskriminasie ervaar.

Bid asseblief:

  • Vir beskerming en genesing vir Christenbekeerlinge wat deur die polisie ondervra en deur familielede mishandel of ontvoer word.
  • Dat die groot hoeveelheid vlugtelinge in Jordanië ʼn geleentheid sal hê om die Evangelie te hoor.
  • Vir Moslems om deur die liefde van hul Christenbure aangeraak te word en Christus te vind.
Back To Top
Soek