Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: China

Streek: Oos-Asië
2019 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #27
Leier: President Xi Jinping
Bevolking: 1,415,046,000 (7% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Ateïsme/Tradisionele Chinese Oortuigings
Regering: Kommunistiese Staat
Bron van Vervolging: Kommunistiese en Post-Kommunistiese Verdrukking

China het dramaties van #43 tot #27 gespring op hierdie jaar se Wêreldwaarnemingslys. Die Kommunistiese owerhede het aggressiewe skuiwe gemaak om hulle mag en beheer oor die samelewing te behou, en baie beperkinge op Christene is verskerp. Jeugdiges word met geweld van die kerklewe verwyder; aanbidding word via die staat se uitsendingsnetwerk (CCTV), sowel as deur spioene, gemonitor; en onderwysers en mediese werkers word aangesê dat hulle aan geen godsdiens mag behoort nie. Verder het die staat bejaarde Chinese Christene gedreig met die verlies van maatskaplike voordele as hulle aanhou om Christus te aanbid. Christene van ʼn Moslem of Tibettaanse Boeddhistiese agtergrond ervaar die bykomende bedreiging van vervolging deur hul families en godsdienstige gemeenskappe, omdat hulle bekering gesien word as verraad teen hul herkoms. Alle berigte dui daarop dat hierdie vyandighede net sal toeneem namate die Chinese regering voortgaan om enige sienswyses te vervolg wat as ʼn bedreiging beskou word vir sy magswurggreep.

Bid:

  • Bid vir krag vir gelowiges vanuit ʼn Moslem en Boeddhistiese agtergrond wat gedwing kan word om van hul eggenote te skei en dan ook hul kinders kan verloor.
  • Bid dat Christene sterk sal staan namate beperkings op godsdiens verskerp word.
  • Bid dat regeringsamptenare, wat probeer om die Kerk te beheer, oortuig sal word oor die belangrikheid van godsdiensvryheid.
Back To Top
Soek