Skip to content

Voormalige gevangene van Boko Haram vertel hoe jy hoop bring

Toe Esther (nou 20) daarin geslaag het om van haar Boko Haram gevangenemers te ontsnap, het sy nooit gedink dat die lewe sal aanhou om so moeilik te wees nie.

Eers is sy aangehou is in ʼn smerige, afgeleë militêre kamp onder verdenking dat sy saam met die ekstremiste werk. Sy was 7 maande swanger op daardie stadium.

Eindelik is Esther vrygelaat – maar selfs haar tuiskoms was alles behalwe maklik.

“My grootouers was aanvanklik bly om my terug te hê. Maar baie van die mense het hul gedagtes vergiftig en gesê ‘Hoe kan julle haar toelaat in julle huis? Sy is swanger en die baba behoort aan Boko Haram.’

“Mense hou aan om my te spot, en sê dat my baba van Boko Haram is. Wanneer sy huil, het hulle allerhande wrede goed oor haar te sê.”

Afgesien van die pyn wat sy verduur, bly Esther se vertroue in die Here standvastig – te danke aan die versorging van vriende soos jy. Jy het gehelp om traumaberading te voorsien, asook kunsterapie wat vir Esther hoop en genesing in Christus gebied het.

Esther deel hierdie innige woorde van dank:

“Ek weet dat God my lief het, en ek kan nie eers al die goeie dinge wat Hy vir my gedoen het beskryf nie. Baie dankie vir hierdie program. Ek het nie genoeg woorde om dankie te sê nie. Al wat ek kan sê is: Mag God julle seën, en baie dankie!”

Indien jy vandag gelei voel om te gee, kan jy gerus wees dat jou geskenk, hoop en genesing aan ander soos Esther sal bring wat onvertelde swaarkry vir hul geloof verduur

Dankie vir jou ruimhartigheid!

“Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.” (Psalm 34:18)

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden

Back To Top
Soek