Skip to content

In ʼn wêreld vol onsekerhede, is daar een sekerheid wat die moeite werd is om alles voor te waag – LEWE.

DIE BELONING? Ewig.

DIE IMPAK? Onmeetbaar.

Vervolgde Christene staar ondenkbare vervolging en diskriminasie in die gesig, maar tog deel hulle moedig die Goeie Nuus, en waag hul eie lewens om dit te doen.

Hulle onwrikbare besluit om die Goeie Nuus te deel, selfs te midde van beproewings, dien as ʼn baken van hoop in die donkerste tye.

Terwyl ons met die uitdagings van ons tyd worstel, laat ons inspirasie put uit die merkwaardige moed en veerkragtigheid van vervolgde Christene.

Sluit by ons aan vir Vervolgingsondag, 26 Mei, om hul storie van geloof en dapperheid te midde van vervolging en diskriminasie te hoor.

Sommige maniere waarop jy hierdie Vervolgingsondag by ons kan aansluit:

Versoek ʼn Geopende Deure-spreker vir die dag of meld vrywillig aan om by jou kerk/kleingroep te praat.

Lui jou kerkklok om 9vm.

Sit tyd opsy om vir die vervolgde Kerk te bid.

Neem ʼn kollekte vir die vervolgde Kerk op.

Sluit by ons aan in jou persoonlike hoedanigheid, saam met jou familie, as ʼn kleingroep of kerk.

Voltooi die vorm hieronder om te kies hoe jy of jou kerk hierdie Vervolgingsondag by ons wil aansluit.

Back To Top
Soek