Skip to content

Legacy lunch bites

Sluit by ons aan vir 'n middagete aanlyn sessie om vrae rondom testamente en geskenke te verken.

Hierdie maand vind Nasionale Testamente week plaas van 15 tot 19 September, ‘n inisiatief wat deur die Regs genootskap van Suid-Afrika gedryf word. Gedurende hierdie week bied geselekteerde prokureurs ‘n gratis diens aan om testamente vir kliënte op te stel.

As deel van Nasionale Testamente week sal ons ‘n gratis aanlyn sessie aanbied oor die onderwerp van testamente en nalatenskappe. In hierdie aanlyn sessie sal ons in klein stukkies die proses verken om ‘n testament te skep of te wysig.

Ons Raad voorsitter, Kerusha George is ‘n toegelate prokureur, Eiendomsoordragspesialis en notaris met ‘n LLB en LLM, sal haar insigte deel oor testamente en nalatenskappe.

Ons sal die volgende bespreek:
  • Die praktiese aspekte rondom die skryf en wysiging van ʼn testament
  • Terminologie en fyn skrif wat behulpsaam is
  • Belangrike vrae om jou prokureur te vra
  • Wenke en beste praktyke vir ʼn gladde proses
Jou Christelike nalatenskap: Gee na jou leeftyd

Ons sal ook die onderwerp van nalatenskappe verken – wat dit is, die verskillende soorte geskenke, hoe om dit in jou testament in te sluit en die voordele van nalatenskappe.

As Christene is ons uniek bevoorreg omdat ons geloof familie ook miljoene gelowiges van regoor die wêreld insluit.

ʼn  Nalatenskap is ʼn kragtige manier om jou ondersteuning te volhou aan diegene na aan jou hart, soos jou vervolgde familie, selfs ná jou leeftyd.

Die aanlyn sessie sal in Engels plaasvind. Ons sal jou graag daar sien!

Registreer om by ons aan te sluit:

Verwante veldtogte en gebeure

Gebeure

Challenge 1000

Sien meer
Back To Top
No results found...