Is jy baie betrokke op sosiale en politieke vlak? Het jy ʼn sterk sin vir geregtigheid en godsdiensvryheid? Is jy ʼn voorspraakkundige wat versot is daarop om impakvolle openbare beleid en voorspraakstrategieë te skep om politieke leiers en die wêreldwye kerk te mobiliseer? En verkies jy om saam met ander te werk, ander te leer om te verbeter en met verskillende kulture te werk? Dan sien Geopende Deure Internasionaal (ODI) se voorspraakspan daarna uit om jou in hul internasionale span te verwelkom!
Die pos
Geopende Deure Internasionaal is op soek na ʼn senior voorspraakdeskundige wat strategieë vir voorspraak kan ontwikkel en bestuur, en ons aktiwiteite rakende voorspraak regoor die wêreldwye bediening kan koördineer. Jy sal saam met kollegas in baie verskillende kontekste regoor die wêreld werk.
Ligging
Hierdie pos is verkieslik in Europa of Suid-Afrika gebaseer.
Hoe om aansoek te doen
Stuur asseblief ‘n e-pos met jou CV en ‘n kort motivering aan die Geopende Deure Internasionaal se menslike hulpbronne-afdeling: [email protected].
Sluitingsdatum
28 Mei 2024