Skip to content

Afganistan: “God het ons nie vergeet nie.”

In text_Sep_afghansitan

Die onlangse krisis in Afganistan het die wêreld se aandag gevestig op die gevaar daarvan om Jesus onder ekstremistiese Islam te volg. Maar Afganistan is al vir baie jare hoog op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys, en tans die land met die tweede hoogste vlak van vervolging.

Die risiko vir ons broers en susters het vererger. Die land se nuwe regeerders deursoek huise sonder enige kennisgewing en soek spesifiek na enigiemand wat ʼn verbintenis het met die Weste of met Christenskap. Die meeste Christene kies om te bly, en ander probeer die grense oorsteek, net soos baie Moslems.

Ons broers en susters wat diskriminasie, verdrukking en gewelddadige vervolging in die gesig staar, het ons langtermyngebede en ondersteuning nodig.

Op die dag wat Kaboel geval het, is ʼn klein dogtertjie gebore, en vir die Kerk was dit ʼn teken dat God hulle nie vergeet het nie.

Ontvang weeklikse gebedsflitse wat jou sal toerus om vir die vervolgde Kerk te bid – vir lande soos Afganistan en vir diegene wat swaarkry onder vervolging en verdrukking in die naam van Jesus, kliek hier >>

Indien dit vir jou moontlik is en jy die langtermynwerk van Geopende Deure finansieel wil ondersteun, voltooi asseblief die onderstaande vorm:

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek