Skip to content

Staan saam met vervolgde Christenkinders in die grootste gevaar hierdie Desember!

Kinders is van diegene wat die ergste geraak word deur die voortdurende oorlog teen Christene. En daardie oorlog het ʼn uitwerking op kinders in gevaarsones regoor die wêreld…

Wanneer kinders soveel pyn en ongeregtigheid ervaar, kan mens verstaan hoekom hulle uitroep, “Moet my nie los nie”. Hulle voel bang… magteloos… en dikwels vergete.

Die kragtigste ding wat ek en jy vir ʼn kind kan doen, is om hulle te leer om saam met Jesus te wandel en Sy liefde aan hulle op praktiese maniere te demonstreer– veral wanneer hulle seer het. En daar is baie kinders wat vandag vir die naam van Christus ly.

Dit is waarom ek vra vir jou ondersteuning, om ʼn R10,872,000-doelwit te help bereik – sodat ons saam, ons arms om vervolgde kinders kan sit en aan hulle wys dat hulle geliefd is en ondersteun word deur hul familie in Christus… en dit sluit jou in.

Jou geskenk vandag sal vervolgde kinders deur verskeie projekte help, soos…

  • Dissipelskapsprogramme en kampe
  • Traumasorg
  • Geletterdheidsprogramme en skooltoelae
  • Lewensbenodigdhede vir weeskinders en die kinders van gevangenes
  • Kinderbybels, Sondagskoolmateriaal en meer

Dankie vir jou ruimhartige vennootskap wat jou liefde en ondersteuning wys aan vervolgde kinders. Sodat elke kind in die vervolgde Kerk die vrede en genesende liefde van ons Verlosser mag ervaar, en weet dat hulle nie alleen is nie!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek