Skip to content

Jy gee vorm aan die volgende generasie van Indonesiese Christene

In Indonesië word Christenkinders geboelie, laer punte gegee en geforseer om Islam by die skool te leer. En hulle sukkel om al hierdie vervolging te weerstaan.

Maar te danke aan Geopende Deure se opleiding van Sondagskoolonderwysers, wat jy help moontlik maak, ontvang Sondagskoolonderwysers soos Alda (27) ʼn rykdom van kennis om hierdie kinders in hul geloof te help versterk…

“Ek het geleer om ʼn leerplan te ontwikkel en lesse aan te pas volgens kinders se verskeie ouderdomsvlakke,” sê sy. “En ek weet nou ook hoe om toneelbenodigdhede te gebruik om kinders opgewonde te maak en hulle te help om Bybellesse makliker te verstaan.”

Voor die opleiding het baie Sondagskoolonderwysers die kennis ontbreek om kinders voor te berei op vervolging vir hul geloof. Omdat Christenkinders en -jeug nie weet hoe om die druk te hanteer nie, bekeer baie van hulle tot Islam om so aanvaar te word deur die kultuur en toegang te kry tot ʼn beter opvoeding en beter werk.

Maar te danke aan jou ondersteuning, help onderwysers soos Eka Susanti hierdie jong kinders om sterk te staan in hul geloof en in hul liefde vir Christus te groei.

“By die opleiding het ek nuwe betekenis gevind in my rol as ʼn Sondagskoolonderwyser wat vorm gee aan die volgende generasie,” sê Eka. “Dankie, Geopende Deure, vir julle bediening… hou aan om die goeie werk te doen vir Indonesiese kinders. Hulle is die pyle vir wie ons moet veg.”

Dis hoekom dié soort opleiding van onskatbare waarde is om te help vorm gee aan hierdie kinders – namate onderwysers bou aan die volgende generasie van Indonesiese Christene.

Dankie dat jy help om hierdie kinders in hul geloof te versterk, sodat die Indonesiese Kerk in staat is om te oorleef en floreer, namate hulle die toekoms betree wat God vir hulle beplan. En, asseblief, bid dat God sal aanhou om hierdie onderwysers te seën terwyl hulle die toekomstige Indonesiese Kerk oplei!

Back To Top
Soek