Help om mense soos Reena* vry te maak van slawerny
Van die oomblik wat sy gebore is, was Reena se toekoms uitgelê in rooi klei. En soos al die ander steenoondwerkers van Sentraal- en Suid-Asië, was dit in die vorm van hopeloosheid.
Reena is gebore in ʼn afgeleë veld, aan ʼn vrou wat haar hele swangerskap soos duisende van haar medewerkers deurgebring het – vooroor gebuk, besig om stene van klei te maak.
Daar was geen feesvierring om haar te verwelkom nie. Net trane. Reena se pa het aan sy vrou en sy babadogtertjie gesê:
“Ons lewens is ellendig, ons is ‘Isa’ai’ [Christene] en slawe. Hier is nie veel kans vir ʼn beter lewe of om te ontsnap nie.”
Klein Reena het uiterste winters en intense somers sonder skuiling deurgebring, waar sy versorg is deur ʼn brose ouma en soms geborsvoed is deur ʼn wangevoede ma.
Toe sy sélf ʼn baksteen kon dra, het Reena saam met haar ouers by die steenoonde begin werk. Sy was ondervoed en elke dag uitgeput – maar uit vrees vir wat met haar familie kon gebeur, het sy nie durf kla nie.
Toe het haar pa te hore gekom van ʼn netwerk van kerke in Suid-Asië wat saam met Geopende Deure werk – en ʼn spesiale program wat aan vrouens en meisies opvoedkundige onderrig en lewensvaardighede bied, asook die hulp wat hulle nodig het om van hul wonde te genees en los te breek van verdrukkende kringlope van skuld in die naam van Jesus. Reena se pa het daarheen gereis en haar dadelik ingeskryf.
Reena is nou 26 jaar oud, sy weet hoe om te lees en te skryf, en is betrokke by die werk van die bedieningspan in die einste program om meisies te help herstel van die trauma en pyn van die lewe by die oonde, net soos sy. Te danke aan vriende soos jy, is sy vrygemaak van haar fisieke en geestelike slawerny – en het sy vryheid in Jesus!
Reena se storie is ʼn voorbeeld van hoe jy nou kan help om meer mense in haar vervolgde gemeenskap te help, en God se Koninkryk uit te bou.
Dankie vir jou geskenk hieronder om te help om hulle vry te maak van hul slawerny deur onderrig, bedieningsondersteuning, berading, mediese versorging, mobiele kerke, en blywende vryheid deur Jesus Christus!
*Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik vir sekuriteitsredes.