Skip to content

Help om die hulpkrete te beantwoord van vervolgde Christene soos Hussein

“Hussein” het honderde Moslems in Afrika na die Here gelei, maar staar felle vervolging in die gesig as gevolg hiervan.

Hussein vertel…

“Dinge het so gevaarlik geraak dat ek vir 21 dae in die bosse moes leef. Ek het geen kos of water gehad, buiten wat ek kon vind nie.”

Steeds volhard Hussein daarin om die Evangelie te verkondig. En wanneer gevra word wat hy nodig het, antwoord hy vinnig deur te vra vir gebed en digitale kopieë van die Bybel.

Hussein verduidelik…

“Op ʼn keer het ek 66 mense dissipel. Ek kan nie 66 harde kopieë van die Bybel dra nie,  maar ek kan 66 SD-geheuekaarte dra. Ek het aan elkeen van hulle ʼn digitale kopie van die Bybel op ʼn SD-kaart gegee. Daardie 66 mense het sedertdien 230 ander na Christus gelei!”

Tallose broers en susters soos Hussein, betaal die duurste prys vir hul geloof elke dag. Bid asseblief vir hulle.

En gee asseblief ʼn ruimhartige geskenk hieronder om te help met die voorsiening van gedrukte en digitale Bybels, dissipelskap en spesiale opleiding vir Christene wat in lande woon waar vervolging die wreedste is.

Jou ondersteuning vandag sal help om hulle te versterk, om sterk in hul geloof te staan.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek