Skip to content

Help jong Christene in Noord-Afrika om sterk te staan

Fady kom van ʼn landelike dorp in Egipte. Hy was net 14 jaar oud toe hy na die stad verhuis het om te gaan werk – waar hy oorweldig was met die Moslemkultuur wat hom van God af weggelok het. Fady het toegegee aan die nuwe versoekings wat daar algemeen was, en dit het hom hopeloos, deurmekaar en skaam laat voel. Gelukkig ondersteun vriende soos jy die jeugbediening-projek vir gelowiges, soos Fady, in Egipte.. Daardeur is Fady die onvoorwaardelike liefde van God gewys, en het hy ʼn gevoel van vryheid ervaar oor die skuldgevoelens en skaamte wat hy met hom saamgedra het.

Hy deel…

“Daar was een leier wat belangstelling in my getoon het. Ek het hom vertel van al die teleurstellings en skaamte van my verlede. Ek was in trane, en hy ook. Ek het verwag dat hy vir my gaan vertel hoe verkeerd ek was, maar hy het net ʼn ondersteunende glimlag gegee wat my waardig en geliefd laat voel het.”

“Daardie aand is ʼn baie swaar las van my skouers gelig. Dit was die eerste aand in ʼn lang tyd wat ek kon vas slaap.”

Nou, is Fady se lewe weer gefokus op sy geloof, en is hy meer toegewyd daaraan om God te dien en om ander na Hom te lei. Fady sê…

“My grootste droom is nou om seker te maak dat ek God se plan vir my lewe ken en daarvolgens lewe, en om ander jongmense in my streek te help om volgelinge van Jesus te word. Ek bid dat ons as jong Christene, te midde van die daaglikse uitdagings wat ons ervaar in ʼn land wat meerderheid Moslem is, steeds sal aanhou om vir Jesus te skyn en om vir mense die weg te wys om Hom te ontmoet.”

Jou geskenk hieronder, sal help om meer jongmense soos Fady te bereik deur jeugbediedingsprogramme in Noord-Afrika, wat spesifieks gemik is op hul ouderdom, geslag en vervolgingsituasie – en om hulle te bemagtig om sterk te staan vir Christus, te midde van die uitdagings wat hulle daagliks in die gesig staar.

Dankie dat jy die toekomstige leiers van die vervolgde Kerk ruimhartig ondersteun!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek