Skip to content

Help gelowiges om tydelike toevlug van vervolging te vind

Pastoor Akhmet en sy familie het meedoënlose vervolging in die gesig gestaar nadat hulle tot bekering gekom het. En hulle is nie alleen nie. Tallose Christene wat in gevaarlike dele van die wêreld woon, het beskerming nodig wanneer hulle geteiken word vir hul geloof.

Akhmet het herhaaldelike aanrandings deur Moslems verduur, en sy ouers het sy gesin hulle huis verbied. Selfs Akhmet se broer het probeer om hul nuwe tuiste te vernietig deur met sy trok daarin vas te ry.

Toe raak die vervolging erger.

ʼn Plaaslike Moslemleier het aangedring dat die streek van Christene gereinig moet word. Akhmet se vriend wat vir die polisie werk,het hom laat weet dat hy binnekort gearresteer sou word. Dus, het Akhmet en sy familie in groot haas gevlug, en alles net so agter gelaat. Hy onthou:

“My enigste gedagte was: ‘EK MOET MY FAMILIE BESKERM EN HULLE IEWERS WEGSTEEK.’ Ons het Geopende Deure gekontak, en hulle het gesê dat ons onmiddellik na ʼn skuilhuis toe kon gaan.”

Toe hy die grootste bedreiging van sy lewe in die gesig gestaar het, het vriende soos jy gehelp om Akhmet en sy familie te beskerm en te vernuwe. By die skuilhuis het hy gesê:

“Al is ons van ons huis verjaag en ek mag dalk steeds gearresteer word, ervaar ons vrede hier. Ons voel werklik veilig, asof die haat van ons familie en die teistering vanaf die polisie, duisende myle ver is.”

Toe die onmiddellike gevaar verby was en die familie genoegsaam herstel het van al die spanning, het hulle na hul gemeenskap teruggekeer. Vandag gee Akhmet steeds onderrig in sy kerke, en evangeliseer hy en versprei die Bybels en literatuur wat jy help voorsien.

Jy kan nou ander dapper gelowiges, soos Akhmet, help wat die beskerming van ʼn skuilhuis nodig het.

Jou geskenk hieronder sal hierdie geheime, lewensreddende bediening voorsien– insluitende kos, klere, mediese hulp, traumasorg, mikrolenings en geestelike ondersteuning – om gelowiges in gevaar weer op hulle voete te kry.

Dankie vir jou geskenk om God se Koninkryk uit te bou waar geloof die meeste kos!

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek