Skip to content

Halleluja!

Irakkese kinders soos Noeh gaan terug skool toe!

Twaalfjarige Noeh is een van baie kinders in Irak wat ontwortel is toe die self-geproklameerde Islamitiese Staat se terroriste die Nineve Vlaktes binnegeval het.Maar jy het gehelp om hoop op ʼn beter toekoms te gee aan Noeh, en baie ander burgers in die Midde-Ooste, toe jy die Een Miljoen Stemme van Hoop-petisie verlede jaar onderteken het.

Die lewe is stadig besig om terug te keer na normaal vir Christene in Irak. Noeh se familie, tesame met ander, het na hul dorp teruggekeer. En baie kinders soos Noeh het weer begin om skool toe te gaan.

Sy ma het gesê, “Noeh is ʼn slim student, en hy doen goed in sy eksamens by die skool…. Ek is baie dankbaar daarvoor en ek dank God.”

Bid asseblief vir Noeh en die ander studente – dat hulle in staat sal wees om hul studies voort te sit in ʼn vreedsame omgewing. Bid ook dat God meer onderwysers sal stuur om te voldoen aan die tekort by plaaslike skole. Dankie vir jou gebede!

Back To Top
Soek