Skip to content

Halleluja!

Twee jaar gelede is vier kosbare kinders – Trinity (4, links), Alvaro (5), Anita (3) en Intan (2) – in ʼn bomaanval by hul kerk in Samarinda, Indonesië beseer.

Klein Intan, wat die ergste beseer is, is ʼn dag na die bomaanval oorlede.

Vandag ondergaan Trinity en Alvaro steeds behandeling vir hulle beserings. Trinity sal die volgende fase van haar behandeling in China ondergaan. “Prys die Here vir haar toenemende herstel. Dit is alles God se genade,” het Trinity se pa gesê.

Alvaro se herstel is meer langsaam, en hy ontvang tans gevorderde behandeling in Maleisië. Ten spyte hiervan het sy ma gesê, “God hou nooit op om Sy liefde aan ons te bewys nie. Hy bring baie goeie mense om ons te versorg.”

Anita, die jongste van die vier oorlewende kinders, sukkel steeds met trauma sedert die voorval en sien twee keer ʼn maand ʼn berader; maar sy vorder goed. Sy is wel steeds bang vir grootmense na die voorval.

Bid asseblief vir hierdie kinders – vir genesing van beide hul fisieke en emosionele letsels. Bid vir sukses vir Trinity en Alvaro se behandelinge, en vir voortdurende vordering vir Anita. Jou gebede maak ʼn verskil.

Dankie!

Back To Top
Soek