Samida* betaal elke dag ʼn prys om Jesus te volg. Sy word beskaamd, geslaan en slaap in die skuur saam met die diere.
Vervolging laat Samida waardeloos voel. En sy is nie alleen nie.
Regoor die wêreld word die waarde van Christenvroue aangeval. Vroue word deur familie verwerp, beskaam deur gemeenskappe, dikwels met ʼn haglike toekoms voor hulle. Alles omdat hulle Jesus volg.
“Bid asseblief saam met my dat my ouers se harte sal verander. Dat ons familie die Here Jesus sal aanbid en dat ons verhouding herstel sal word,” vra Samida.
Ons vervolgde susters het dringende ondersteuning nodig.
Hierdie Vrouemaand kan jy ʼn vrou help om haar Godgegewe potensiaal te verwesenlik deur dissipelskap- en vaardigheidsopleiding, traumasorg en pastorale ondersteuning te verskaf.
Sal jy asseblief vervolgde vroue help om hul waarde in Christus te sien?
- Elke R107 kan Bybelse materiaal aan ʼn vrou verskaf om haar geloof te koester.
- Elke R499 kan 10 vroue met aanlynopleiding aanmoedig om hulle te help om in hul geloof te groei.
- Elke R980 kan ʼn vervolgde vrou help om ʼn klein besigheid te begin, wat haar finansiële sekuriteit gee.
Wanneer vervolging vroue waardeloos laat voel, is jou ondersteuning des te meer werd.
*Ons het haar naam verander en verteenwoordigende foto gebruik om haar identiteit te beskerm.
**Enige oortollige fondse sal gebruik word om ander vervolgde Christene te versterk waar dringende hulp nodig is.