Skip to content

Jy het John gehelp om God se Woord te ervaar.

Dit is moeilik vir gelowiges om in Viëtnam groot te word, en vir jong gelowiges is dit byna onmoontlik om ʼn sterk fondasie deur God se Woord te vestig.

Te danke aan vriende soos jy, was dit egter moontlik vir John om op ʼn baie jong ouderdom ʼn Kinderbybel te kry – en dit het ʼn verskil in sy lewe gemaak.

Hy deel:

‘Ek het elke oggend wakker geword en die Bybel gelees. Dit het vir my kennis oor die Woord gegee. Dit het my geleer hoe om te bid en met my vriende oor God te praat. My vriende sou my vra: “Wat is daardie boek met die mooi prentjies?” En ek het verduidelik dat dit die Bybel is, God se Woord.

“Ek is so dankbaar dat my pa dit vir my huis toe gebring het. Ek lees dit en dit gee vir my ʼn fondasie om die Here te verstaan.

 “My vriend wou weet waarom ek by die huis bly en Bybel lees. Ek het hom oortuig om die Bybel te lees en dit was die beste ding wat ek ooit kon doen. Ek het hom ook oortuig om kerk toe te gaan.”

John is ʼn getuienis van hoe Kinderbybels help om die volgende generasie groot te maak – selfs daar waar die druk en verspreiding van Bybels geweldig beperk word.

 Dankie dat jy belê in die lewens van kinders soos John – en indien jy daartoe gelei voel, dankie vir enige geskenk wat jy hieronder kan gee om vir meer vervolgde kinders ʼn Bybel van hul eie te gee.

Jesus het gesê: “Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.” (Matteus 19:14)

Geskenke word aangewend waar dit die meeste benodig word regoor die wêreld – dankie!

Back To Top
Soek