Skip to content

In die loopgraaf

Sussies betaal die prys in Laos

Sewentienjarige Nani* en haar 16-jarige sussie, Nha Phong*, het twee jaar gelede hul harte vir Christus gegee in Laos. Hulle familie het hul besluit om hul animistiese geloof te verlaat, sterk teengestaan.

Op ʼn dag, het verskeie van hul familielede hulle skelm agtervolg op pad kerk toe. Woedend, het hulle die sussies uit die gebou gesleep, hulle geslaan en hulle vir vier dae lank vasgebind.

“Hulle het my oor en oor gevra, ‘Glo jy steeds in God?’” onthou Nha Phong. “Hulle het my gewaarsku dat tensy ek my geloof herroep, hulle my vasgebind sal hou.”

Die sussies woon nou by ander familielede wat Christene is. Nani sê, “Dit is baie moeilik om nie ons pa te gehoorsaam nie. Maar ons wil Jesus meer as enige iemand anders gehoorsaam. Selfs al is dit moeilik, ons wil Jesus volg.”

Bid asseblief dat Nani en Nha Phong, God se krag sal bly ervaar, en dat Hy hul familie na Christus sal lei.

*Name verander vir sekuriteitsredes.

Back To Top
Soek