Skip to content

In die Loopgraaf

Bid asseblief vir Pakistanse gelowiges

Vroeër die jaar het voormalige krieketster, Imran Khan, die nuwe eerste minister van Pakistan geword. Hy het dit bekendgemaak dat “die Islamitiese Staat soos deur die Profeet Mohammed in Medina gevestig” sy voorkeur vir sy regering is. Hy het ook beloof om die land se streng godslasteringwette te verdedig.

Dit is nie duidelik wat dit beteken vir die Christene wat vir baie jare in die gevangenis is omdat hulle na bewering die naam van Mohammed verontreinig het nie, en ook in ag genome die teenreaksie tot Asia Bibi se vrystelling.

Verder, met die kies van sy nuwe kabinet, het Khan nie ‘n enkele lid van ‘n godsdiensminderheidsgroep aangestel nie.*

‘n Plaaslike Christen het gesê, “Ons sien ‘n nuwe leier… wat in dieselfde ou ekstremisme gewortel is, wat Christene vir dekades lank al martel. …Ons berei onsself voor op geweld en uitdagings in die maande wat kom. …God het toegelaat dat dit gebeur. Dit kan net tot voordeel van die Kerk wees.”

Bid asseblief vir krag vir die Pakistanse Kerk namate hulle hierdie nuwe seisoen van onsekerheid betree. Bid dat God hulle sal aanspoor en hulle wysheid sal gee namate hulle poog om hul geloof uit te leef te midde van hoë vervolging.

*World Watch Monitor. “No religious minority representative on Pakistan PM’s new cabinet.”

22 Augustus 2018.

Back To Top
Soek